Missie :

iBible.com bestaan om God te verheerlik deur die Bybel saam met ander christene dwarsoor die wêreld te lees en sodoende gehoorsaamheid aan die Woord van God in ons daaglikse lewe te openbaar. 

¡°moet jy jou daarop toelê om uit die Skrif voor te lees¡± – 1 Timotheus 4:13 

Visie :

Die visie van iBible.com is om ¡®n christen-gemeenskap met 24 Bybel-lees klasse – kloksgewys - in Engels sowel as sekere ander tale te wees, sodat elke gelowige in staat gestel kan word om aan die Bybel-lees proses - enige tyd van die dag - deel te neem in die taal wat verkies word om sodoende die geloof te versterk en gehoorsaamheid aan die Woord van God in die daaglikse lewe te openbaar.   

¡°Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van dien wêreld¡± - Handelinge 1:8 

Hoe die Lees-klas begin het !

As ¡®n Christen- en Sondagskool onderwyser, het ek gepoog om die Bybel elke dag met my kinders te lees en ons het uitgevind dat om die Bybel saam te lees eintlik een van die beste maniere is. Danksy die moderne tegnologie, lees ons ELKE DAG die BYBEL GESAMENTLIK met ons vriende dwarsoor die wêreld. Ons ontmoet twee keer ¡®n dag en indien u belangstel in die vordering van die klasse, is u welkom om die GETUIENIS BORD van elke klas te besoek. U kan meer gedetailleerde prosedure oor die Lees-klas bekom by How we Read aan die linkerkantse opsomming. Ons het alreeds lede van Amerika, China, Engeland, Duitsland, Japan, Nieu-Zeeland, Suid-Afrika en Korea. As u land se naam nie genoem is nie, waarom probeer u nie om die eerste lid van u land te word nie. Ons het ook besoekers wat as luisteraars die lees-klas bywoon. U is welkom om in te skakel en saam met ons die Bybel te lees. U sal beslis baie aangename persone van verskillende lande ontmoet en u lewensverhaal met hulle ELKE DAG te deel. 

Dankie dat ons iBible.com moontlik kon maak !

Die Here het ons geseën met so baie gelowige lesers, luisteraars, gebede wat saam met sommige broeders en susters genadiglik ondersteuning bied aan die behoefte van die lees-klasse. Hier is slegs ¡®n paar van hulle!

 

Naam

Land

Rol

Opmerkings 

Andrew Kwon

Korea 

Webtuiste-Aanbieder

Elke dag

Danny Abrahams

Suid-Afrika 

Aanbied Getuienis Klas 21

Met Imen

Imen

Tunisiê

Aanbied Getuienis Klas 21

Met Danny

John

Florida (VSA) 

Redakteur & Proeflese

Met Andrew

M. Soschniok

Duitsland

Hoof Banier

N/V

Norman Fuggle

Engeland  

V & A van Klas 2

Elke dag

Simon Whittam

Nieu-Zeeland      

Mede-Aanbieder Klas 10

Soos beskikb

Sonia Yim

Korea 

Lees Skedules

Kwarttaalliks

Alle name is in alfabetiese orde gelys volgens die voornaam!

 

God seën u! 

Andrew Kwon

Webtuiste-Aanbieder

iBible.com !

SiteOpen@gmail.com

Skype ID: iBible.com